Nuwe Lewe Aanbiddings Tabernakel

Preke en relevante inligting oor die Woord van God.

Is jy gereed?

29-05-2016

Gemeenskap transformasie. Dit het tyd geword dat die kerk weer sy plek in ons samelewing en gemeenskap inneem. God is ons leier en saam gaan ons die verskil maak. Ons moet die atmosfeer skep sodat God se Gees kan beweeg. Wanneer God se Gees in ons gemeenskap beweeg, begin daar verandering in ons gemeenskap plaasvind. Dit is in hierdie Goddelike atmosfeer wat ons elke dag God se seëninge in oorvloed kan ervaar. Die eerste stap is om onsself te was en reinig voor God. Leer om goed te doen, soek wat reg is. Eendag gaan Jesus sy bruid kom haal en ons moet elke dag reg wees daarvoor. God het deur Jesaja met Isreal gespreek en gesê dat Isreal soos Sodom en Gomorra geword het. Hulle moet hulle sonde neerlê en terug keer na Hom. Vandag begin ons as kinders van God deur ons verlede voor God neer te lê. Dit is tyd om te verander. Aan God onse Vader al die eer!

Categories | Sondag Preke

Download

Filetype: MP3 - Size: 51.52MB - Duration: 51:42 m (139 kbps 44100 Hz)



Smiley faceOns glo die Woord van God bring verandering in die lewe van die gelowige.

Gaan na ons webblad:

http://www.vekbronkies.faith